Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Saterdag, 7 Maart 2026
Hier is tans 128 246 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
'n Gesigsrekonstruksie van Iwan die Verskriklike, deur Michail Gerassimof.

Iwan IV Wasiljewitsj (Russies: Иван IV Васильевич) (25 Augustus 1530 - 18 Maart 1584) was van 1533 tot 1547 grootprins van Moskowië en van 1547 tot met sy dood die eerste amptelike tsaar van Rusland. Hy is beter bekend as Iwan die Verskriklike (Russies: Иван Грозный, letterlik Iwan die Ontsagwekkende of Formidabele). Iwan se bewind is gekenmerk deur Rusland se oorgang van 'n Middeleeuse staat tot 'n ryk, maar teen 'n ontsaglike prys vir sy volk en vir die land se ekonomie op lang termyn.

Iwan was die oudste seun van Wasili III by sy tweede vrou, Jelena Glinskaja, en 'n kleinseun van Iwan III. Hy het sy pa ná dié se dood opgevolg toe hy drie jaar oud was. 'n Groep hervormers het in 1547 om Iwan byeengekom en hom as tsaar gekroon toe hy 16 jaar oud was. In die vroeë jare van sy bewind het Iwan saam met 'n groep hervormers bekend as die Verkose Raad regeer en die Zemski Sobor as 'n nuwe vergadering gestig. Hy het ook die regskode hersien en hervormings ingestel, insluitende elemente van plaaslike selfregering. Verder het hy die eerste Russiese staande mag, die streltsi, gestig. Iwan het die khanate Kazan en Astrachan verower en Rusland se gebied aansienlik uitgebrei.

Nadat hy sy mag gekonsolideer het, het Iwan ontslae geraak van sy raadgewers in die Verkose Raad en die Lyflandse Oorlog van 1558 tot 1583 begin. Dit het Rusland verwoes weens 'n onvermoë om beheer oor Lyfland te neem en die verlies van Ingermanland, maar hom in staat gestel om groter outokratiese beheer oor die Russiese adel te kry. Hy het dit gewelddadig reggekry met behulp van Rusland se eerste politieke polisie, die opritsjniki. Die latere jare van Iwan se bewind is gekenmerk deur die slagting van Nowgorod en die afbrand van Moskou deur die Tartare. Iwan het ook kulturele verbeterings aangebring, soos die invoer van die eerste drukpers, en verskeie prosesse begin wat vir eeue sou duur, soos die verbetering van bande met ander Europese state, veral Engeland, oorloë teen die Ottomaanse Ryk en die geleidelike oorwinning van Siberië.

Kontemporêre bronne het uiteenlopende menings van Iwan se komplekse persoonlikheid gegee. Hy is beskryf as intelligent en toegewy, maar ook geneig tot paranoia, woede en oomblikke van geestelike onstabiliteit, wat met die ouderdom vererger het. Historici glo hy het sy oudste seun en erfgenaam, Iwan Iwanowitsj, in 'n woedeaanval vermoor, en hy was dalk ook verantwoordelik vir die miskraam van laasgenoemde se ongebore kind. Dit het veroorsaak dat sy jongste seun, die polities onbekwame Fjodor Iwanowitsj, die troon geërf het – 'n man wie se bewind en kinderlose dood regstreeks gelei het tot die einde van die Rjoerik-dinastie en die begin van die Tyd van Beroeringe.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat van 'n kriptonisotoop af uitgestraal word, gespesifiseer is?

... dat daar absoluut niks tussen 3 en 13 September 1752 gebeur het nie? In hierdie maand is die Juliaanse kalender in Brittanje en sy Amerikaanse kolonies met die Gregoriaanse kalender vervang. Die nuwe kalender was 11 dae voor die ou een; dus het 14 September direk op 2 September gevolg.

... dat Ayrton Senna die oggend op die dag van sy dood 'n vergadering van renjaers bygewoon het om veiligheid in Formule Een te bespreek?

... dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig.

... dat geboue rondom die Fullerton Hotel Singapoer bo 'n sekere hoogte verbied word deur die plaaslike owerheid, sodat die historiese gebou direk vanaf die see waargeneem kan word?

Vandag in die geskiedenis

7 Maart: Onderwysersdag in Albanië.

Klaus Fuchs
Klaus Fuchs

Voorbladbeeld
Die allerheiligste binne-in die Groot Tempel van Ramses II by Aboe Simbel, Egipte.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering