Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 15 Januarie 2026
Hier is tans 127 746 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Vlag van Alaska.

Alaska (Engels: [əˈlæskə], ; Russies: Аляска), amptelik die Deelstaat Alaska (State of Alaska), is 'n deelstaat van die Verenigde State aan die noordweskus van Noord-Amerika. Dit is die grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 1 723 337 vierkante kilometer (wat gelykstaan aan byna 'n vyfde van die 49 ander deelstate se totale oppervlakte) – en die grootste skiereiland in die Westelike Halfrond. Alaska se hoofstad is Juneau en die grootste stedelike nedersetting is Anchorage. Die deelstaat word in die noorde deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur Kanada (Yukon en Brits-Columbië), in die suide deur die noordelike Stille Oseaan, en in die weste deur die Beringstraat begrens. Die bekendste byname, wat aan Alaska gegee is, is Die Laaste Landgrens (Engels: The Last Frontier) en Die Groot Land (The Great Land). Die naam Alaska is afgelei uit die Aleoetiese alaxsxaq ("die vasteland", of, volgens 'n meer presiese vertaling "die voorwerp waarop die see se handelinge gerig is").

Die eerste Europeërs het Alaska eers in 1741 begin verken toe Russiese ekspedisies hier voet aan wal gesit het – en die eerste Europese naam aan die land gegee het: Bolsjaja Zemlja of "die Groot Land" – 'n Russiese benaming wat voortleef in die Engelse bynaam The Great Land. Al het Rusland vervolgens aanspraak gemaak op die mees noordelike deel van die Noord-Amerikaanse vasteland, was Alaska onder Russiese bewind nouliks meer as 'n buitepos vir klein groepe jagters en handelaars.

Ná die Krimoorlog (1853–1856) was Rusland se staatskas leeg, terwyl ook die Russiese leër se slaankrag en vegvermoë in twyfel getrek moes word. Die Russiese kolonies in Noord-Amerika is as onverdedigbaar beskou, gegewe die aktiwiteite van ander groot koloniale moondhede soos die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State wat as mededingers in die gebied opgetree het. So was dit 'n maklike besluit vir die Russiese tsaar en sy raadgewers om die gebied op 30 Maart 1867 vir $7,2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) aan die Verenigde State te verkoop. Ná die transaksie, wat deur die Staatsekretaris William H. Seward gehanteer is, is deur Amerikaanse media as Seward's Folly ("Seward se dwaasheid") verwys aangesien die ekonomiese waarde van die gebied destyds bevraagteken is.

Eers toe twee goudstormlope – in Juneau in 1880 en die Kanadese Yukon-gebied in 1897 – duisende delwers na Alaska laat stroom het, het die Amerikaanse publiek sy aandag op die noordelike besitting begin vestig. Die waarde van Alaska se jaarlikse goudontginning het van $800 000 in 1890 tot $9 miljoen in 1904 gestyg. Die administratiewe insluiting by die Unie was 'n langdurige proses. Van 1906 af is Alaska deur 'n verteenwoordiger sonder stemreg in die Amerikaanse Kongres verteenwoordig. Ses jaar later het die Kongres met die Wet oor die Alaskagebied (Alaska Territory) die eerste territoriale wetgewende vergadering geskep wat uit 'n laerhuis en senaat bestaan het, met agt senatore en sestien verteenwoordigers (twee senatore en vier verteenwoordigers vir elkeen van die vier geregtelike distrikte waarin die gebied destyds onderverdeel is).

Maar eers in 1959 is die politieke aspirasies van sy bewoners vervul toe Alaska as 49ste deelstaat tot die Unie toegelaat is. Die Arktiese Sirkelroete tussen die Verenigde State en Asië was gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die Koue Oorlog van groot strategiese belang. Die permanente stasionering van militêre personeel in Alaska het grootliks bygedra tot die deelstaat se vinnige bevolkingsgroei, terwyl sy ekonomie en infrastruktuur deur federale befondsing ontwikkel is. Die ekonomiese basis is verder verstewig met die ontsluiting van groot ruolie- en aardgasvelde.

...lees verder

In die nuus
Oulu se stadsaal in 2018
Oulu se stadsaal in 2018
Die Trenčín-kasteel
Die Trenčín-kasteel

Het u geweet...

... dat 2006 as 'n Mozart-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar tevore, op 27 Januarie 1756 gebore.

... dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is.

... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is? Die laaste keer was tussen 22 000 en 7 000 jaar gelede.

... dat Pretoriabrug 'n hefbrug in Ottawa, Kanada is? Dit is vernoem na Pretoriastraat wat in 1902 van Janestraat hernoem is om die Britse oorwinning in die Anglo-Boereoorlog te vier.

... dat die Blohm & Voss BV 138-vliegboot dieselaangedrewe motors gebruik het?

Vandag in die geskiedenis

15 Januarie: Jallikattu, wilde bultemming in Indië; John Chilembwe-dag in Malawi.

Die Afrikaanse Patriot
Die Afrikaanse Patriot

Voorbladbeeld
Die Vasabron (Vasa-brug) oor die Norrström in Stockholm, met die Stockholmse Stadshuset (stadsaal) in die agtergrond. Die Norrström verbind die Mälarmeer met die Oossee.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering