Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Iwan IV Wasiljewitsj (Russies: Иван IV Васильевич) (25 Augustus 1530 - 18 Maart 1584) was van 1533 tot 1547 grootprins van Moskowië en van 1547 tot met sy dood die eerste amptelike tsaar van Rusland. Hy is beter bekend as Iwan die Verskriklike (Russies: Иван Грозный, letterlik Iwan die Ontsagwekkende of Formidabele). Iwan se bewind is gekenmerk deur Rusland se oorgang van 'n Middeleeuse staat tot 'n ryk, maar teen 'n ontsaglike prys vir sy volk en vir die land se ekonomie op lang termyn. Iwan was die oudste seun van Wasili III by sy tweede vrou, Jelena Glinskaja, en 'n kleinseun van Iwan III. Hy het sy pa ná dié se dood opgevolg toe hy drie jaar oud was. 'n Groep hervormers het in 1547 om Iwan byeengekom en hom as tsaar gekroon toe hy 16 jaar oud was. In die vroeë jare van sy bewind het Iwan saam met 'n groep hervormers bekend as die Verkose Raad regeer en die Zemski Sobor as 'n nuwe vergadering gestig. Hy het ook die regskode hersien en hervormings ingestel, insluitende elemente van plaaslike selfregering. Verder het hy die eerste Russiese staande mag, die streltsi, gestig. Iwan het die khanate Kazan en Astrachan verower en Rusland se gebied aansienlik uitgebrei. Nadat hy sy mag gekonsolideer het, het Iwan ontslae geraak van sy raadgewers in die Verkose Raad en die Lyflandse Oorlog van 1558 tot 1583 begin. Dit het Rusland verwoes weens 'n onvermoë om beheer oor Lyfland te neem en die verlies van Ingermanland, maar hom in staat gestel om groter outokratiese beheer oor die Russiese adel te kry. Hy het dit gewelddadig reggekry met behulp van Rusland se eerste politieke polisie, die opritsjniki. Die latere jare van Iwan se bewind is gekenmerk deur die slagting van Nowgorod en die afbrand van Moskou deur die Tartare. Iwan het ook kulturele verbeterings aangebring, soos die invoer van die eerste drukpers, en verskeie prosesse begin wat vir eeue sou duur, soos die verbetering van bande met ander Europese state, veral Engeland, oorloë teen die Ottomaanse Ryk en die geleidelike oorwinning van Siberië. Kontemporêre bronne het uiteenlopende menings van Iwan se komplekse persoonlikheid gegee. Hy is beskryf as intelligent en toegewy, maar ook geneig tot paranoia, woede en oomblikke van geestelike onstabiliteit, wat met die ouderdom vererger het. Historici glo hy het sy oudste seun en erfgenaam, Iwan Iwanowitsj, in 'n woedeaanval vermoor, en hy was dalk ook verantwoordelik vir die miskraam van laasgenoemde se ongebore kind. Dit het veroorsaak dat sy jongste seun, die polities onbekwame Fjodor Iwanowitsj, die troon geërf het – 'n man wie se bewind en kinderlose dood regstreeks gelei het tot die einde van die Rjoerik-dinastie en die begin van die Tyd van Beroeringe.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat van 'n kriptonisotoop af uitgestraal word, gespesifiseer is?
Vandag in die geskiedenis
7 Maart: Onderwysersdag in Albanië.
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |



