Dr. Annelie Lotriet van die DA is tot adjunk-speaker van die nasionale vergadering verkies. Sy het 273 stemme gekry en Vuyo Zungula, leier van die ATM, 54.
Lees meer hier: netwerk24.com/netwerk24/verk…
Netwerk24
193.1K posts
Al die nuus, politiek, sport, geldsake & vermaak tot menings & diepteontledings, #AllesOpEenPlek & in Afrikaans! Volg @Netwerk24Sport vir top-sportnuus.
- Die Wes-Kaap kry sy eie kampus van Akademia, die Solidariteit Beweging se Afrikaanse universiteit, nadat mense uit die Stellenbosch-gemeenskap wat besorg is oor Afrikaans aangebied het om dit te help finansier.
- “Stelsel vanlyn” is van nou af vloekwoorde in die departement van binnelandse sake, sê dr. #LeonSchreiber (35), nuwe minister in dié portefeulje.
- ’n Plaasvoorman, Brendin Horner (21), wat vir ’n vooraanstaande Vrystaatse boer gewerk het, se lyk is aan ’n paal vasgemaak nadat hy Donderdagaand op 'n plaas naby Paul Roux in die Vrystaat vermoor is. @alettaafrika ➡️ bit.ly/3inL8HZ
- Vergeet van die Kardashians, want die Kattarshians is hier. Keeping Up with the Kattarshians is ’n realiteitsreeks netwerk24.com/Nuus/Algemeen/…
- Ná een van die bloedigste weke ooit op Suid-Afrika se plase sê landbou-organisasies dis tyd om die kwessie soos ’n noodtoestand te takel. || @JohanEybers
- Die stemme van #DA kiesers sal van nou af gehoor word in alle vertrekke waar besluite oor die toekoms van Suid-Afrika geneem word, sê #JohnSteenhuisen.
- #Eskom is deur die hof beveel om binne tien dae afskrifte van al sy huidige kontrakte vir die aankoop, vervoer en verspreiding van steenkool en diesel, sowel as sy kontrakte met buurlande om krag uit te voer, aan AfriForum te oorhandig.
- Die teenmisdaad-aktivis Ian Cameron het by die #DA aangesluit en sy naam is blykbaar hoog op die party se kandidatelys vir die parlement. || #IanCameron #politiek @Dawiboon
- Die minister van korrektiewe dienste het ’n oudit gelas nadat meer as R35 miljoen die afgelope vyf jaar aan hotel- en gastehuisverblyf vir beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) bestee is. ||#PieterGroenewald netwerk24.com/netwerk24/nuus…
- ▶️ KYK HIER || Dinsdagaand nadat die Bokke geland het, het Deon Fourie reguit na sy pa in die hoësorgeenheid van die hospitaal op Rustenburg gery. 👉brnw.ch/21wEayx
- #BhekiCele, minister van polisie, “gaan slapelose nagte hê” as hy aan die teenmisdaad-aktivis #IanCameron (33) as ’n #DA-parlementslid dink, sê #GeordinHillLewis, burgemeester van die Kaapstad-metro. brnw.ch/21wHxeR











